Bible Society of South Africa

Die seën van vrugbaarheid – Dag 318

Bybelteks(te)

Ons bid vir julle

9Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, 10sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. 11Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard. 12Met blydskap moet julle die Vader dank wat julle geskik gemaak het om deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig.

KOLOSSENSE 1:9-12AFR83Maak oop in die Bybelleser

‘n Reeks lesings wat die tema’ vrugbaarheid ‘ondersoek: wat gebeur as God aan die werk is in ons lewe.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS