Bible Society of South Africa

Die Missie vir die Wêreld – Dag 291

Bybelteks(te)

Ons dank God vir julle

3Wanneer ons tot God, die Vader van ons Here Jesus Christus, bid, dank ons Hom altyd vir julle 4omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en van julle liefde vir al die gelowiges. 5Hierdie geloof en liefde is gegrond op die hoop wat vir julle in die hemel bewaar word en waarvan julle reeds gehoor het toe die waarheid, die evangelie, aan julle verkondig is. 6Die evangelie het julle bereik, en net soos dit in die hele wêreld vrug voortbring en verder versprei, gebeur dit ook by julle van die dag af dat julle van God se genade gehoor het en dit leer ken het soos dit werklik is.

KOLOSSENSE 1:3-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

Begin met God se verbonde met Noag, Abram en David, en hierdie lesings ondersoek God se voortdurende missie om sy gebroke skepping te herstel en mense na homself terug te trek. Die missie van God vind sy vervulling in die persoon en werk van Jesus Christus, ‘n missie wat die kerk vandag voortsit.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS