Bible Society of South Africa

Die Boek van die Lewe – Dag 271

Bybelteks(te)

Die woord as swaard

12Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart. 13Daar is ook niks in die skepping wat vir God onsigbaar is nie; alles lê oop en bloot voor sy oë. En aan Hom moet ons rekenskap gee.

HEBREËRS 4:12-13AFR83Maak oop in die Bybelleser

‘n Reeks lesings wat die skoonheid en krag van God se woord verklaar.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS