Bible Society of South Africa

40 Dae Avontuur – Dag 36

WEEK 6 - Die groot geheim

Bybelteks(te)

14Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas, 15en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete. 16Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer. 17Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God.

18Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges. 19Bid ook vir my dat wanneer ek preek, God my die woorde gee dat ek die geheimenis van die evangelie met vrymoedigheid kan bekend maak. 20Ter wille van hierdie evangelie is ek 'n gesant in boeie. Bid dat ek dit met vrymoedigheid kan verkondig soos dit my opgelê is.

EFESIËRS 6:14-20AFR83Maak oop in die Bybelleser

Bid en tree met wysheid op

2Volhard in die gebed! Wees daarby waaksaam en dankbaar 3en bid tegelykertyd ook vir ons. Bid dat God vir ons 'n deur vir die woord oopmaak sodat ons die geheimenis van Christus kan verkondig waarvoor ek hier gevange sit. 4Bid dat ek dit duidelik sal verkondig soos dit my opgelê is.

5Tree met wysheid op teenoor die mense wat nog buite die gemeente is. Maak die beste gebruik van elke geleentheid.

KOLOSSENSE 4:2-5AFR83Maak oop in die Bybelleser
Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS