Bible Society of South Africa

Jesus leef!

Jesus en sy dissipels gaan na ‘n tuin waar Jesus gebid het.

Daar kom Judas. Hy lei mense met swaarde en stokke. Hulle gryp Jesus en lei hom weg na die hoëpriester toe.

Die hoëpriester vra vir Jesus: “Is jy die Seun van God?” Jesus antwoord: “Ek is.”

Die hoëpriester sê toe aan die raadslede: “Wat moet ons doen met Jesus?” Die mense het geantwoord: “Hy verdien die dood!”

Hulle bring Jesus weg na Pilatus toe wat Hom aan soldate oorgelewer het.

Die soldate spot met Jesus en sit vir Hom ‘n doringkroon op.

Hulle bring Jesus toe na ‘n plek genoem Golgota, Golgota beteken Kopbeenplek.

Die soldate het Jesus aan ‘n kruis opgehang.

By die kruis staan Maria, Jesus se moeder. Sy staan naby Johannes, die dissipel vir wie Jesus baie lief was.

Hy sê vir Johannes: “Daar is jou moeder.” Toe het Johannes vir Maria na sy huis toe geneem.

Jesus het hard uitgeroep. Toe het Hy sy laaste asem uitgeblaas.

Hulle het Jesus van die kruis afgehaal. Toe het hulle hom in ‘n tuin begrawe.

Voor die graf het hulle ‘n groot klip gerol.

Sondagmôre kom daar vroue by die graf. Hulle sien die klip is weggerol. Jesus se liggaam is nie daar nie!

‘n Engel uit die hemel sê vir die vroue: “Jesus leef! Gaan sê vir sy dissipels.”

Lukas 22:1-24:12

Illustrasies deur Annie Vallotton © Bybelgenootskap van Suid-Afrika

Bible Society of South Africav.4.23.0
VOLG ONS