Bible Society of South Africa

Theodotion, Aquila en Symmachus

Ná die Septuaginta het verskeie ander Griekse vertalings van die boeke van die Ou Testament gevolg. Hierdie nuwe vertalings het probeer om die Griekse teks nader aan die Hebreeuse teks te bring.

Theodotion

Daar was, byvoorbeeld, die vertaling van Theodotion wat in ons hedendaagse tyd geglo word dateer rondom die begin van ons jaartelling. Dit is ʼn verwerking van die Septuaginta wat daarop gemik is om die Griekse teks nader aan die Hebreeus te bring.

Aquila en Symmachus

Daar word vermoed dat twee ander Griekse vertalings uit die tweede eeu n.C. dateer. Dit is die vertalings deur Aquila en Symmachus. Aquila se vertaling is baie letterlik; Symmachus se vertaling is ietwat vryer en daarom is die Grieks effens beter.


 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS