Bible Society of South Africa

Tekskritiek van die Ou Testament: Tekswysigings

Voorbeelde van foute

Volgens die Masoretiese teks staan daar in 2 Samuel 6:4:

“Hulle het dit weggevat uit die huis van Abinadab op die heuwel.”

Hierdie woorde kom ook in vers 3 voor, en daarom is dit moontlik dat die persoon wat die teks gekopieer het, ʼn fout gemaak het.


In die Afrikaans 1983-vertaling is hierdie fout reggestel. Die woorde word slegs in vers 3 aangetref.

Voorbeeld van ʼn doelbewuste verandering

Volgens die Masoretiese teks sê Rigters 18:30:

“seun van Manasse”.

Oorspronklik het dit het waarskynlik gesê “seun van Moses”. Deur ʼn letter in Hebreeus by te voeg, word ʼn nuwe naam geskep. Dit is geen toeval nie. Rigters 18 handel oor ʼn heiligdom met ʼn afgodsbeeld. Die skrywer wou waarskynlik nie gehad het die teks moes sê dat ʼn seun van Moses ʼn priester daar was nie.

In Rigters 18:30 in die Afrikaans 1983-vertaling staan daar: “Jonatan, seun van Gersom seun van Moses”.

Verwante Bybelgedeeltes

2 SAMUEL 6.4 RIGTERS 18.30

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS