Bible Society of South Africa

Samaritaanse Pentateug

Die Samaritane, ʼn groep wat verwant is aan Judaïsme, het die Samaritaanse Pentateug gebruik. Dit is hulle eie Hebreeuse weergawe van die boeke van die Tora.

Verskille met die Masoretiese teks

Daar is ʼn aantal verskille tussen die Masoretiese teks van die Pentateug en die Samaritaanse weergawe. In hierdie gevalle sal die Samaritaanse weergawe gewoonlik ʼn sekondêre lesing hê. Dit beteken dat die Masoretiese teks die oudste en oorspronklikste teks in daardie gedeeltes bevat, en die Samaritaanse Pentateug ʼn latere teks wat afwyk van die Masoretiese teks.



Daar word deesdae aanvaar dat die teks van die Samaritaanse Pentateug uit die eerste eeu v.C. dateer.

Verduideliking van die verskille

ʼn Belangrike verduideliking van die verskille in die teks is dat die Samaritaanse Pentateug dikwels gereguleer word, dit wil sê die gedeeltes in die Pentateug word aangepas om dit in ooreenstemming met mekaar te bring. Byvoorbeeld, in Eksodus 20:8 en Deuteronomium 5:12, is twee verskillende gedeeltes oor die viering van die sabbat met mekaar in ooreenstemming gebring.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS