Bible Society of South Africa

Die oorspronklike teks van die Ou Testament

Dit is ʼn probleem vir tekskritiek van die Ou Testament dat die prosesse waardeur die geskrifte tot stand gekom het en oorgelewer is, nie in detail onderskei kan word nie.

Wat is die oorspronklike teks?

In die ideale geval, wat ʼn geskrif betref, is daar ʼn verskil tussen ʼn:

  • periode van ontstaan;
  • oomblik wanneer die geskrif “gereed” of “afgehandel” is; 
  • periode van teksoorlewering.

In sulke gevalle probeer tekskritiek om die oorspronklike vorm van die geskrif — op die tydstip toe dit “gereed” of “afgehandel” is — te rekonstrueer.


In die geval van die meeste van die boeke van die Ou Testament kan die fases van ontstaan en die teksoorlewering egter nie presies onderskei word nie. Dit is daarom soms onduidelik na watter teks die tekskritiek eintlik op soek is.

ʼn Praktiese benadering

Oor die algemeen kies Bybelgeleerdes ʼn praktiese benadering tot hierdie probleem. Hulle begin nie deur die ontstaansgekiedenis van elke teks te probeer rekonstrueer nie. Hulle kyk eerder na al die beskikbare tekste, soos die Dooie See-rolle uit Qumran, die Samaritaanse Pentateug en die ou vertalings as deel van die teksoorlewerings van die Ou Testament. Hulle gebruik al hierdie inligting om die oorspronklikste teks vir elke boek van die Bybel vas te stel.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS