Tekskritiek van die Ou Testament
Moderne uitgawes van die Hebreeuse Ou Testament, die Hebreeuse Bybel, is gebaseer op een manuskrip.
Gewoonlik is dit die Codex Leningradensis
Redes vir tekskritiek
Tekskritiek van die Ou Testament is om twee redes nodig:
- Die boeke van die Ou Testament het hulle uiteindelike vorm verkry in die tydperk tussen 500 en 200 v.C. Maar die oudste manuskripte met die volledige teks van die Hebreeuse Bybel dateer uit 1000 n.C. Gedurende tussentydse eeue is die teks noukeurig oorgelewer, maar hier en daar is foute gemaak tydens die kopiëring van die teks. Soms is die teks om teologiese redes doelbewus op sekere plekke effens verander. Tekskritiek poog om na die oorspronklike teks terug te gaan.
- Die oorgelewerde teks is nie altyd die beste teks nie. Soms is dit moontlik om die teks te verbeter met behulp van manuskripte van Qumran
of een van die oudste vertalings, soos die Septuaginta .
Verbeterde Masoretiese teks
In praktyk begin tekskritiek by die Masoretiese teks
- Eerstens word alle variante (tekstuele afwykings) vasgestel.
- Daarna word die variante oorweeg en beoordeel of dit dalk meer oorspronklik kan wees.
In sommige gevalle lei dit tot die verbetering van die Masoretiese teks; veral die Dooie See-rolle uit Qumran en die Septuaginta kan gebruik word om teksverbeterings voor te stel.
Geen kritiese uitgawe
Baie korreksies aan die Masoretiese teks word algemeen aanvaar en is in Bybelvertalings opgeneem. Nogtans is daar steeds geen kritiese uitgawe van die Ou Testament waarin daardie verbeterings en korreksies opgeneem is nie. Alhoewel die Masoretiese teks nie in alle opsigte die beste teks bied nie, is dit steeds die standaardteks.
Lees verder?
Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy: