Bible Society of South Africa

Brontekste

Moderne Bybelvertalings, soos die 1983-vertaling is op die brontekste in Hebreeus, Aramees en Grieks gegrond. Die brontekste is beskikbaar in moderne uitgawes.

Brontekste van die Ou Testament

Vir die (Hebreeuse) Ou Testament:

  • Biblia Hebraica Stuttgartensia, uitgegee deur die Deutsche Bibelgesellschaft, Stuttgart (5de hersiene uitgawe, 1997). Dit bevat die Masoretiese teks, soos in die Codex Leningradensis vervat.
  • Sedert 2004 het ʼn nuwe standaarduitgawe van die Ou Testament in bundels verskyn: die Biblica Hebraica Quinta. Die beskikbare dele word deur moderne Bybelvertalings gebruik.
  • Vir die (Griekse) Deuterokanonieke boeke: Septuaginta Id est Vetus Testamentum Graece iuxta LXX interpretes, in die uitgawe deur Alfred Rahlfs, uitgegee deur die Deutsche Bibelgesellschaft, Stuttgart (1979 en latere herdrukke). Hierdie teks is hoofsaaklik gebaseer op drie kodekse wat die volledige Bybel in Grieks bevat: Grieks: Vaticanus, Sinaiticus uit die vierde eeu n.C. en Alexandrinus uit die vyfde eeu n.C.

Brontekste van die Nuwe Testament

Vir die (Griekse) Nuwe Testament:

  • Novum Testamentum Graece deur Nestle-Aland, in die 27ste of (sedert 2012) die 28ste uitgawe, uitgegee deur die Deutsche Bibelgesellschaft (1993 en 2012). Dit is ʼn kritiese uitgawe. ʼn Kritiese uitgawe gee nie die teks van slegs een manuskrip nie, maar het die beste teks uit al die beskikbare manuskripte saamgestel. Die Novum Testamentum Graece inkorporeer onder andere papyri sedert die tweede eeu n.C. en kodekse sedert die vierde eeu n.C.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS