Bible Society of South Africa

Dooie See-rolle

Die Dooie See-rolle — ook genoem die Qumran-rolle — is omstreeks 1947 in die grotte van Qumran in Israel ontdek. Dit is boekrolle en fragmente van boekrolle wat in die laaste eeue voor die begin van ons era geskryf is. Daar is duisende fragmente van ongeveer ʼn duisend verskillende boekrolle. Om en by tien rolle het (amper) volledig behoue gebly.

Bybelse Dooie See-rolle

Ongeveer 20 persent van die 1 000 boekrolle is “bybelse” tekste, boeke van die Ou Testament. Fragmente van Deuterokanonieke boeke en ander geskrifte is ook gevind. Maar dit is belangrik om te onthou dat die terme “bybels” en “deuterokanoniek” nog nie bestaan het in die tyd toe hierdie boekrolle geskryf is nie. Hierdie is dus boeke uit die Joodse tradisie wat eers later “bybels” of “kanoniek” genoem is.

Fragmente van die Ou Testament

Ongeveer 200 rolle van boeke van die Ou Testament is by Qumran ontdek. Fragmente van byna al die boeke van die Ou Testamente word bewaar (slegs die boek van Ester ontbreek). Een van die indrukwekkendste ontdekkings is die volledige rol van Jesaja. Die meeste fragmente wat gevind is, is van Jesaja, die Psalms en die boeke van die Pentateug.

Belangrikheid vir kennis oor die Bybel

Die Qumran-ontdekkings is van onskatbare waarde vir die bestudering van die Ou Testament. Daar is nou werklike dokumente van die teks van die Ou Testament beskikbaar wat ʼn goeie 1 000 jaar ouer is as die vorige bekende teks, die Codex Leningradensis. Deur die teks met die teks van die Dooie See-rolle te vergelyk, weet ons meer oor die ontwikkeling van die teks van die Ou Testament (sien ook tekskritiek).

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS