Bible Society of South Africa

Môrester

Die planeet Venus word gewoonlik beskou as die môrester. Hierdie palneet is sigbaar net voor dagbreek. Daarom word die môrester as metafoor gebruik vir die komende lig van God, die lig wat die duisternis verdryf.


In die Nuwe Testament word hierdie beeld op verskeie maniere gebruik:

  • In Openbaring 22:16 word die môrester as ʼn metafoor vir Christus gebruik.
  • In 2 Petrus 1:19 lees ons dat die môrester tydens die eindtyd in die harte van Christene sal opkom. Daar is die ster die simbool van die koms van Christus na die donker wêreld.
  • In Openbaring 2:28 wys die môrester na die belofte aan gelowiges dat hulle saam met Christus in God se koninkryk sal regeer.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS