Bible Society of South Africa

Liefdesappel

Die liefdesappel is verwant aan die aartappel en die tamatie. Dit is beskou as ʼn vrug wat seksuele begeertes kon opwek. Daarom speel dit ʼn belangrike rol in ʼn verhaal oor Ragel en Lea.

ʼn Soort plant

Die liefdesappel groei in klipperige grond. Verskeie dele van hierdie plant bevat giftige stowwe. Die soet vrug het ʼn bedwelmende en ontspannende uitwerking. Dit het ook ʼn heerlike geur, soos ons lees in Hooglied 7:13.

Seksuele begeerte

In die oudheid is aanvaar dat liefdesappels seksuele begeertes opgewek het. Daardie idee is waarskynlik as gevolg van die plant se bedwelmende effek, en uit die feit dat die wortels mensagtige vorms kon hê.

Lea word swanger

Die bekendste verhaal in die Bybel waarin liefdesappels vermeld word, word aangetref in Genesis 30:14-17. In die oestyd vind Ruben, die oudste seun van Jakob en Lea, liefdesappels in die veld en gee dit aan sy moeder.


Ragel wil ook daarvan hê, maar Lea is net bereid om vir haar daarvan te gee indien Jakob toegelaat word om die nag by haar deur te bring. Ragel stem in, en daardie nag raak Lea swanger met haar vyfde seun.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS