Bible Society of South Africa

Kolokwint

Die kolokwint, ook bekend as kalbas, is ʼn tingerige, pampoenagtige plant. Dit is hoofsaaklik vir medisinale doeleindes gebruik. Die plant het in die woestyn gegroei, dwarsoor die Middellandse Seegebied.

Die naam kolokwint

Die naam vir kolokwint is in Hebreeus verwant aan die werkwoord “om te bars”. Dit is omdat die vrug oopbars wanneer dit ryp word. Vandag word dit nie net “kolokwint” genoem nie, maar ook “bitterappel”. 

Kolokwint in die Bybel

Die kolokwint (wildekomkommer) is nie geëet nie. In antieke tye is dit gedroog en dan as medisyne gebruik. Volgens 2 Konings 4:39 is ʼn bredie daarvan gemaak, alhoewel dit nie gebruiklik was nie. Dit is uit hierdie verhaal duidelik dat die plant giftig was, maar net as ʼn mens te veel daarvan geëet het.


In Salomo se tempel was houtsneewerk met kolokwinte (kalbasse) en blomme (sien 1 Konings 6:18).

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS