Bible Society of South Africa

Lier

ʼn Lier behoort tot die familie van snaarinstrumente. Dit is een van die bekendste instrumente in die Bybel. Koning Dawid is byvoorbeeld bekend daarvoor dat hy die lier (of harp) baie mooi kon bespeel. Die Hebreeuse woord vir lier is kinnor.

Hoe het die lier gelyk?

Die snare van die lier is tussen twee “arms” gespan. Aan die onderkant was die klankkas. Die snare is van skaapderms gemaak. Dit het aan die lier ʼn ligter klank gegee. 

Liere het tussen drie en elf snare gehad, maar oor die algemeen minder as ʼn harp. In Mesopotamië was die lier ʼn groot instrument, maar in Sirië en Anatolië was dit ʼn kleiner instrument.

Gebruik van die lier

Die lier en die harp is dikwels saam gebruik om musiek te maak.

Die lier is gespeel tydens feeste binne en buite die tempel, asook tydens rougeleenthede (Job 30:31). 

Prostitute het hulself ook op die lier begelei (sien Jesaja 23:15-16).

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS