Bible Society of South Africa

Herders

Ons kry twee soorte herders in die Bybel. Sommige herders het as nomade gelewe en het van een weiveld na ʼn ander met hul tente en hul diere getrek. Ander herders het in ʼn dorpie gewoon en hul diere in die velde buitekant die dorp laat wei.

Soorte diere

ʼn Herder se kuddes het dikwels bestaan uit osse, skape en bokke. Perde, donkies en kamele is ook aangehou as vee, maar skape was die algemeenste vee. 

ʼn Herder se verantwoordelikhede

ʼn Herder het drie belangrike verantwoordelikhede gehad. Hy moes verseker dat sy diere genoeg gehad het om te eet en te drink, hy moes sy kuddes teen wilde diere beskerm en hy moes seker maak dat sy diere nie deur diewe gesteel word nie.

Slegte reputasie

Herders het in bybelse tye ʼn slegte reputasie gehad. ʼn Belangrike rede hiervoor was dat herders hul kuddes gereeld in ander mense se velde laat wei het, wat beteken het dat boere beroof is van hul oeste waarvoor hulle so hard gewerk het.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS