Bible Society of South Africa

Dors

Dors is die proses waartydens die koring van die strooi geskei word. Dit is deur middel van ʼn dorsslee gedoen, of deur diere wat oor die graan loop. Die plek waar die dors plaasgevind het, is die dorsvloer genoem.

Dorsslee

Die dorsslee was ʼn breë houtplank of ʼn aantal planke wat aanmekaar geheg is. Klein gaatjies is aan die onderkant van die plank gemaak, waarin skerp klippe or stukkies metaal vasgesit is.

Gebruik van die dorsslee

Om te dors, is die plank deur ʼn donkie of ʼn os oor die strooi getrek. Die boer sou dikwels op die dorsslee sit of staan sodat die plank nog swaarder op die strooi kon afdruk. Deur die skerp klippe of stukkies metaal oor die strooi te trek, is die korrels van die halms losgesny en van die kaf geskei. Terselfdertyd is die strooi, die halms wat oorgebly het, in stukkies gesny.

Dorsvloer

Die dorsvloer was ʼn plat ronde ruimte van ongeveer 6,7 tot 11,8 meter in deursnee. Die grond het uit rots of vasgestampte grond bestaan. Klippe is dikwels rondom die rand van die dorsvloer geplaas om te keer dat die korrels van die dorsvloer afval.

Die dorsvloer was gewoonlik naby die land geleë, verkieslik effens hoër, met genoeg wind vir uitwanning.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.17.10
VOLG ONS