Banoffer
“Die banoffer” is ʼn godsdienstige term wat dikwels in verhale oor oorloë gebruik word, en wat beteken dat mense of dinge aan God gewy word.
Wat is die banoffer?
“Om as banoffer verklaar te word” het dikwels ʼn godsdienstige betekenis in die Ou Testament: ʼn persoon of ʼn voorwerp moet aan God gewy word. In die oudste verhale hou dit in dat hierdie persoon of ding vernietig moet word. In latere verhale moes voorwerpe in die tempel gehou word. Dit het dan die priesters
Dit is veral gedurende die stryd om Kanaän te verower dat God vereis dat die vyande geheel en al uitgewis moet word. Alles wat aan die vyand behoort het, byvoorbeeld huise, diere en goedere, moes as banoffer verklaar word.
Bekende verhale oor die banoffer
Daar is twee verhale waarin God die algehele vernietiging van vyande versoek, maar waarin hierdie opdrag nie uitgevoer is nie. In beide gevalle is God woedend:
- In Josua 7:1-2
hou Akan tydens die verwoesting van Jerigo iets vir homself. Hy begrawe dit onder sy tent. Uiteindelik word hy en sy familie gestenig en verbrand. - Ná die oorlog teen die Amalekiete word koning Saul in 1 Samuel 15:8-10
beveel om alles te vernietig. Maar hy spaar die koning sowel as die beste diere. As straf vir sy ongehoorsaamheid kom sy heerskappy as koning tot ʼn einde.
Buite-bybelse bronne
Buite-bybelse tekste is gevind wat ook praat van die banoffer. Op die Mesa-klippilaar (ʼn gedenksteen uit die negende eeu v.C.) beroem koning Mesa van Moab hom op die vernietiging van al sy vyande.
Lees verder?
Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy: