Bible Society of South Africa

Landbou

Landbou in Israel was, soos in ander lande in die Ou Nabye Ooste, die belangrikste bron van inkomste. Daar was egter beduidende verskille in landskap en klimaat. Nie alle streke was ewe geskik vir verbouing van gewasse nie omdat daar vir groot dele van die jaar lae reënval was. In daardie streke was veeteelt baie belangrik.

Terrasse

Sedert so vroeg as die vierde millennium v.C. het boere in die gebied probeer om by die natuurlike omstandighede van die land aan te pas. In bergagtige dele is van terrasse gebruik gemaak, waardeur ʼn groter gebied vir die verbouing van gewasse geskep is. Dit het ook beteken dat grond die ongereelde reënval beter kon behou.

Besproeiing

In droë streke, soos in die Negev-woestyn, is besproeiing gebruik om die vrugbaarheid van die land te verbeter. Deur die gebruik van damme en kanale is die natuurlike vloei van water na die lande gekanaliseer. Reënwater is ook in opgaardamme opgevang sodat dit in die droë somermaande gebruik kon word.

Belangrikste landbouprodukte

Die gewasse wat die meeste in die Bybel genoem word, is:

  • Graangewasse (veral gars en koring); die meel is gebruik vir brood bak. Die gars is ook gebruik om bier te brou.
  • Druiwe; druiwe is vars en gedroog geëet, en is meesal gebruik om wyn te maak.
  • Olywe; olywe is verbou vir olyfolie.

Ander landbouprodukte

Benewens koring, druiwe en olywe, was die volgende produkte belangrik:

  • vrugte, soos vye, dadels en granate;
  • peulvrugte, soos lensies en bone;
  • groente;
  • neute, soos amandels;
  • kruie en speserye, soos ment, komyn en mosterdsaad;
  • vlas, wat gebruik is om linne te vervaardig.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.17.10
VOLG ONS