Bible Society of South Africa

Herder as metafoor

In die Bybel is die beroep van ʼn skaapwagter ʼn gewilde beeld van goeie leierskap. Jesus word ook met ʼn goeie herder vergelyk. Maar die beeld van die herder word ook gebruik om slegte leiers te tipeer.

Herders in die Ou Testament

Die beeld van die herder word dikwels vir ʼn koning of ʼn leier gebruik wat goed vir sy volk, sy kudde, sorg. Die beeld word ook vir God gebruik. Hy beskerm en lei sy volk, net soos ʼn herder sy skape lei en oppas. Psalm 23 illustreer die beeld van hoe God vir ʼn individu sorg.

Die beeld van die herder word ook negatief gebruik. In Esegiël 34:2-6 staan God byvoorbeeld as ʼn goeie herder in teenstelling met die slegte herderskap van die leiers van die volk. En in Jeremia 23:1-2 dui die herders op slegte leiers.

Herders in die Nuwe Testament

Die beeld van ʼn herder word ook vir Jesus gebruik. In Johannes 10 gebruik Jesus die beeld van die goeie herder om sy identiteit en sy taak te verduidelik. Die manier waarop Hy dit doen, herinner aan die gebruik van die beeld in die bybelse boek Esegiël.
In die briewe van die Nuwe Testament is daar ʼn soortgelyke tendens om van die leiers van die kerk as herders te praat. Die leiers sorg vir hulle gemeente soos herders vir hulle kudde sorg.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS