Bible Society of South Africa

Helm

Die doel van die helm was om ʼn soldaat se kop tydens ʼn geveg te beskerm. Soms is flappe aan die helm vasgemaak om die ore en die nek te beskerm. Baie gewone Israelitiese soldate het nie ʼn helm gedra nie, maar net ʼn serp om hul koppe gedraai.

Materiaal van die helm

Die helms van die Israeliete en naburige volke is gewoonlik uit leer gemaak. Metaalhelms was skaars, gewoonlik uit ander lande ingevoer. Die Sumeriërs, Assiriërs, Grieke en Romeine het wel metaalhelms gehad.

Volgens die beskrywing in 1 Samuel 17:5 het die Filistyn, Goliat, ʼn bronshelm.

Verskillende vorms

In uitbeeldings uit Egipte en Assirië kan verskillende nasies herken word aan die vorm van hulle helms. Die Seevolke, tot wie die Filistyne waarskynlik behoort het, was aan hulle helms met vere uitkenbaar. Die Assiriërs het helms met opvallende skerp punte gehad.

Die helm as metafoor

Die helm word ook in die Bybel as ʼn metafoor gebruik, byvoorbeeld vir redding en verlossing. Jesaja 59:17 sê: “Hy trek geregtigheid aan soos ʼn pantser, en redding is die helm op sy kop.” In Wysheid van Salomo 5:18 word van God gesê dat Hy “sy onfeilbare oordeel opsit as ʼn helm”.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.17.10
VOLG ONS