Bible Society of South Africa

Beleëringswal

ʼn Beleëringswal was ʼn muur of ʼn (om)heining wat aanvallers rondom ʼn stad wat beleër is opgerig het. Hulle het dit gedoen om te verhoed dat die stad se inwoners ontsnap en om te keer dat voedsel en drank ingebring word. Daarbenewens kon die aanvallers hulle militêre leërkamp in veiligheid opslaan.

Hoe het ʼn beleëringswal gelyk?

ʼn Beleëringswal is gewoonlik van boomstompe, takke, klippe en ander materiaal wat in die omgewing gevind is gemaak. In Deuteronomium 20:20 lees ons dat slegs nie-vrugdraende bome vir dié doel gebruik kon word.

Grag

Soms is ʼn grag rondom die beleëringswal gegrawe. Oorblyfsels van so ʼn grag, wat waarskynlik deur ʼn leër van die Arameërs gegrawe is, is in Tell es-Sāfi, die Bybelse Gat, gevind.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS