Bible Society of South Africa

Brons

Brons is ʼn sterk en harde metaal wat gemaak word deur twee relatiewe sagte metale te meng: koper en tin, of in die plek van tin ʼn ander metaal soos lood.

Koper en brons

Brons is sedert die begin van die tweede millennium voor Christus in die Levant gemaak. Die Bybel maak melding van ʼn smeltery in die Jordaanvallei (1 Konings 7:46).
In Hebreeus word dieselfde woord vir koper en brons gebruik. Dit is daarom nie altyd duidelik watter metaal bedoel word nie.

Bronsvoorwerpe

Bekende brons- en kopervoorwerpe in die Bybel is:

Brons as metafoor

Brons word ook gebruik as ʼn metafoor vir hardheid en duursaamheid:
 
“Omdat Ek weet dat julle hardkoppig is,
dat julle so weerbarstig soos 'n stuk yster is
en dat julle kop so hard soos brons is,
daarom het Ek dit lank tevore vir julle aangekondig,
en dit aan julle bekend gemaak voordat dit gebeur het
sodat julle nie kon sê: ‘Ons afgode het dit gedoen,
ons afgodsbeelde het beveel dat dit moet gebeur’ nie” (Jesaja 48:4-5).
 
“Ek maak jou vandag 'n vestingstad, ʼn ysterpilaar,
ʼn bronsmuur sodat jy staande kan bly teen die hele land, teen die koningshuis van Juda en al sy amptenare,
teen sy priesters en teen die bevolking” (Jeremia 1:18).

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.17.10
VOLG ONS