Bible Society of South Africa

Die Ou Testamentiese leër

In die Ou Testament het die Israeliete hulle eie leër gehad. In die boeke van die Pentateug was daar verskeie reëls wat soldate moes volg, en in die profetiese boeke is daar meestal verhale oor leërs en soldate.

Reëls vir soldate in die Pentateug

In die eerste vyf boeke van die Ou Testament is daar verskeie reëls vir soldate en die leër.


Militêre diens was verpligtend: alle mans van 20 jaar en ouer moes in die leër diens doen, soos ons in Numeri 1:2-3 lees. Slegs die Leviete was vrygestel van militêre diens.


Daarbenewens is pasgetroude mans toegelaat om tuis te bly en hulle vroue vir die eerste jaar van hulle huwelik gelukkig te hou (sien Deuteronomium 24:5).


In Deuteronomium 20 vind ons baie meer reëls rakende leërs en soldate. Die Israeliete is byvoorbeeld nie toegelaat om bome tydens ʼn beleg af te kap nie, want hulle moes hul voedsel van die bome verkry.

Inligting uit die historiese boeke

Die historiese boeke van die Ou Testament bevat heelwat inligting oor die leërs van die Israeliete:

  • Die koning was die aanvoerder van die Israelitiese leër (1 Samuel 11:8-11).
  • Baie bevelvoerders soos Abner (1 Samuel 14:50) en Joab (2 Samuel 8:16) het beroemd geword. 
  • Verskeie soorte wapens is gebruik, soos slingervelle, spiese en pyle en boë.
  • Die leër kon in kleiner eenhede van duisende, honderde, vyftig en tien verdeel word (sien 2 Kronieke 1:2; 2 Konings 1:8-14).
  • Daar was manne wat kos aan die soldate voorsien het (“oppasser van die pakgoed”) (1 Samuel 17:22, 1933/1953-vertaling).

In die Ou Nabye Ooste is amptenare aangestel vir die administrasie van oorlogsbuit.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.17.10
VOLG ONS