Bible Society of South Africa

Leër

In die Ou Testament word daar soms gepraat van ʼn Israelitiese leër. In die Nuwe Testament lees ons meestal van Romeinse soldate en leëreenhede.

Leër in die Ou Testament

Die Israeliete het hulle eie leër gehad. Soldate kom hoofsaaklik voor in die verhale in 1 Samuel en 2 Samuel, en in 1 Konings en 2 Konings.

In Deuteronomium 20 vind ons reëls wat die Israeliete tydens oorlogvoering moes nakom. Ons word byvoorbeeld vertel onder watter omstandighede mans nie by die leër hoef aan te sluit nie, en wat met die inwoners van ʼn verowerde stad gedoen moes word.

Leër in die Nuwe Testament

In die Nuwe Testament het die Israeliete nie meer hulle eie leër gehad nie. Die Romeine was in beheer. Daarom lees ons in die Nuwe Testament hoofsaaklik van Romeinse soldate en leëreenhede.

Wapens

Soldate het ʼn wye verskeidenheid wapens gebruik. Soldate was ook met wapenrusting toegerus.
In 1 Samuel 13:19-22 word verduidelik dat nie een van die soldate ʼn swaard of ʼn spies gehad nie, omdat die Filistyne gesorg het dat daar geen ystersmid in Israel was wat wapens kon maak nie.

Verwante Bybelgedeeltes

DEUTERONOMIUM 20

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS