Bible Society of South Africa

Etenstafel

In Ou Testamentiese tye het gewone mense nie eintlik ʼn tafel gebruik nie. Hulle het gewoonlik op ʼn strooimat of ʼn dierevel op die vloer gesit. Mense het rondom die tafel gesit of aangeleun.


Ryker mense het soms wel ʼn tafel gehad, byvoorbeeld die Kanaänitiese heerser Adoni-Besek in Rigters 1:7.

Aanleun by die tafel

Gedurende die tyd van die Nuwe Testament het mense by lang tafels, omtrent een voet (ongeveer 0,3 m) hoog, geëet. Mense het op hulle linkersy rondom die tafel aangeleun. Hulle het op hul linkerelmboog geleun en met hulle regterhand geëet. Hulle het hul bene agtertoe gebuig, wat dit vir die vrou in Lukas 7:38 moontlik gemaak het om Jesus se voete met haar trane te was terwyl hy geëet het. 


 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.17.10
VOLG ONS