Bible Society of South Africa

Kookpot

Kookpotte is gebruik om water te kook of kos gaar te maak. Dit was diep potte van erdewerk of metaal, soos brons of koper.


Die kookpot kon bokant die vuur aan ʼn tou gehang word, of dit kon op klippe wat rondom die vuur gepak is, geplaas word. Die kookpot kon ook by die ronde opening van ʼn broodoond geplaas word.

Vorm van die kookpot

In die Bronstydperk (tot en met 1200 v.C.) was ʼn kookpot gewoonlik groot, met ʼn groot opening. Kookpotte uit hierdie tydperk het gewoonlik nie handvatsels gehad nie.


Toe die Filistyne hulle in die kusgebied van die Middellandse See gevestig het, het hulle ʼn tipe kookpot saamgebring. Dit was ʼn hoër tipe pot met ʼn nouer opening en handvatsels. ʼn Tou kon deur die handvatsels gesteek word om die pot bokant die vuur te hang.


Tussen 1000 en 600 v.C. het hierdie twee soorte kookpotte in ʼn nuwe tipe pot ontwikkel. Dit was kenmerkend rond met ʼn groot opening, soos die soort uit die Bronstydperk, maar met handvatsels.

Verwante Bybelgedeeltes

ESEGIËL 24.1 - ESEGIËL 24.14

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS