Bible Society of South Africa

Broodoond

Brood is op ʼn bakplaat of in ʼn oond gebak. ʼn Broodoond kon langs die huis, binne-in die huis in die binneplaas, of naby die deur staan.

Die oond

ʼn Broodoond is uit hardgebakte klei of baksteen gemaak, en was soos ʼn koepel of ʼn byekorf gevorm. Daar was ʼn opening aan die bokant en soms aan die kant. Die bodem was van klip. Soms is die buitekant van die oond met potskerwe bedek, wat addisionele isolering verskaf het.

Die bak van brood

ʼn Vuur van gedroogde dieremis is op die bodem van die oond gemaak. Sodra die vuur uitgebrand en slegs die gloeiende kole oorgebly het, is dun, ronde stukke deeg teen die kante van die oond vasgeplak. Soms is die as eers uit die oond verwyder en die deeg dan op die warm klippe op die bodem van die oond geplaas. Die brood was na ʼn paar minute gereed.

Kook bo-op die stoof

Die oond is ook gebruik vir die voorbereiding van ander disse. Panne kon op die opening aan die bokant van die oond geplaas word.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS