Bible Society of South Africa

Hiskia se tonnel

2 Konings 20:20 en 2 Kronieke 32:30 noem beide die tonnel wat koning Hiskia gebou het om water na die stad te gelei. Dit is waarskynlik aangespoor deur die feit dat koning Sanherib van Assirië gedreig het om Jerusalem te beleër.

Is die tonnel ontdek?

ʼn Tonnel van ongeveer 532 meter is ontdek wat moontlik rondom die tyd van Hiskia dateer. Die tonnel maak deels gebruik van Warren se Skag.


Die tonnel is van twee kante deur twee spanne arbeiders gegrawe. ʼn Inskripsie in Hebreeus wat die voltooiing van die tonnel herdenk, is gevind op die muur van die tonnel waar die twee spanne by mekaar uitgekom het. 


Dit is moontlik dat hierdie tonnel Hiskia se tonnel was, maar dit kan nie definitief bewys word nie. Hiskia se naam word nie in die inskripsie vermeld nie.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.9
VOLG ONS