Bible Society of South Africa

Huis in die Ou Testament

In die tydperk tot by die Babiloniese ballingskap was die sogenaamde vierkamerhuis die algemeenste tipe huis in Israel en Juda. Hierdie tipe huis het in dorpe en stede voorgekom, alhoewel die huise in die platteland groter was as die huise in die stede. Argeoloë is van mening dat enkele families huise in die stede bewoon het, terwyl die huise in die platteland deur verskeie families van een familiegroep bewoon is.

Vierkamerhuis

ʼn Vierkamerhuis het gewoonlik bestaan uit drie langwerpige kamers langs mekaar met ʼn vierde, agterste kamer wat dwarsoor die hele breedte van die gebou loop. Daar was ook huise soortgelyk aan hierdie, soos driekamerhuise of vyfkamerhuise. Argeoloë het altyd gedink dat die middelste kamer ʼn soort binnehof sonder ʼn dak was. Maar deesdae word vermoed dat die huise heeltemal met ʼn plat dak bedek was. Die huise het waarskynlik ʼn tweede vloer bo-op die hele huis of ʼn gedeelte van die huis gehad — die sogenaamde bokamer.

Kamerplan

Die kamers op die grondvloer was hoofsaaklik gebruik vir kook en huishoudelike aktiwiteite soos spin- en weefwerk, en ook vir pakplek. In sommige huise is een van die kamers as ʼn stal gebruik. Die woonarea was op die boonste vloer. Maar dit is ook waar mense geëet en geslaap het. Die dak is ook gebruik om op warm someraande te sit of te slaap.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.17.10
VOLG ONS