Bible Society of South Africa

Epikurus

Epikurus was ʼn Griekse filosoof (342-270 v.C.) wat ʼn beroemde filosoweskool gestig het. Die boek Handelinge noem mense wat volgelinge van sy filosofie was.

Filosofie van Epikurus

Volgens Epikurus kan die wêreld verklaar word aan die hand van natuurlike verbindings tussen dinge. Die gode het nie die wêreld geskep nie, en hulle meng ook nie by die geskiedenis in nie. Die mens moet homself bevry van sy vrees vir die bonatuurlike en dood en moet strewe na geluk. 

Paulus in Atene

Epikurus het nie in die lewe na die dood geglo nie, vandaar die reaksie van die Epikureërs op Paulus se woorde toe hy met hulle in gesprek getree het in Atene (Handelinge 17:32).



 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS