Bible Society of South Africa

Farao

Die woord farao beteken “groot huis” of “paleis”. Sedert die 15de eeu v.C. het dit die naam van die koning van Egipte geword.

Ou Testament

In die verhale oor Abraham, Josef en Moses speel die farao’s ʼn baie belangrike rol. Maar in die bybelse verhale het hulle selde ʼn naam. Dit maak dit moeilik om die bybelse weergawes met buite-bybelse weergawes te verbind.


Die farao’s was ook belangrik in die tyd van die konings. Salomo het byvoorbeeld met die dogter van ʼn farao getrou en Israel is dikwels deur farao’s aangeval.

Koning en God

Die Egiptiese monargie was ʼn goddelike instelling en die farao is as ʼn godheid beskou. Hierdie verband word hoofsaaklik in inskripsies gelê. Hier word die farao, byvoorbeeld, die titel “seun van Re” (Re of Ra was die songod) gegee, of hy word “Horus” genoem, soos die god Horus.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.10
VOLG ONS