Jerigo
Jerigo is een van die oudste stede in die Midde-Ooste. Dit in geleë aan die westekant van die Jordaan, nie ver van Jerusalem af nie. Jerigo is veral bekend as die stad waar die Israeliete om geloop het totdat die stadsmure omgeval het. In die Nuwe Testament word Jerigo ʼn paar keer in die verhale oor Jesus genoem.
Palmstad
Jerigo is sedert 9500 v.C. bewoon. Dit is daarom een van die oudste stede in die Ou Nabye Ooste.
Jerigo is in ʼn vrugbare gebied geleë. Baie dadelpalms het daar gegroei, en dit is waarom Jerigo in die Bybel ook “die Palmstad” genoem word (Rigters 1:16
Ligging
Jerigo is wes van die Jordaan geleë, omtrent 15 kilometer vanaf die Dooiesee en 30 kilometer vanaf Jerusalem. Die stad is by die kruispaaie van belangrike roetes geleë. ʼn Mens moet deur Jerigo gaan as jy die Jordaan uit die ooste oorsteek.
Jerigo is ʼn belangrike oriëntasiepunt in die Ou Testament. Jerigo word ook dikwels in beskrywings van die grensgebied genoem.
Toegewy aan God
Volgens die boek Josua is Jerigo die eerste stad in die land Kanaän wat die volk Israel in besit geneem het. Nadat die Israeliete vir sewe dae om die stad geloop het, het die stadsmure ingetuimel. Die Israeliete het die stad verwoes en al die inwoners dood gemaak. Hulle spaar slegs die lewens van Ragab
ʼn Paar honderd jaar later, in die tyd van koning Agab, herbou Giël die stad Jerigo. Giël se oudste seun sterf wanneer hy die fondamente lê en sy jongste seun sterf wanneer hy die stadsdeure hang, net soos Josua voorspel het (1 Konings 16:34
Jerigo in die Nuwe Testament
Jerigo word in die gelykenis van die barmhartige Samaritaan genoem. In hierdie verhaal reis iemand van Jerusalem na Jerigo (Lukas 10:30
Lees verder?
Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy: