Bible Society of South Africa

Halleluja

“Halleluja” is ʼn uitdrukking van lof wat hoofsaaklik uit die Psalms bekend is. Dit is die oproep van die kantor aan almal teenwoordig in die tempel om God se Naam te loof. 



Die woord “halleluja” word altyd aan die begin of die einde van ʼn psalm gebruik.

Betekenis

Die woord “halleluja” bestaan uit die Hebreeuse woorde

hallelu

en

jah

.

Hallelu

beteken “loof (julle)” of “sing (julle)”.

Jah

is ʼn verkorte vorm van JHWH — die gebruiklike manier om die HERE se Naam te skryf.


 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS