Bible Society of South Africa

Gebedsband

Jode het gebedsbande gebruik tydens gebed, ʼn tradisie wat vandag nog bestaan. Jesus het waarskynlik ook gebedsbande gebruik.

Wat is gebedsbande?

ʼn Merkwaardige verskynsel in Joodse gebede is die gebedsbande (soms gebedsrieme genoem). Dit is leerstroke met leerhouers daaraan vasgemaak. In die houers is daar opgerolde stukkies perkament met die volgende tekste daarop geskryf:

Die gebedsbande word tydens gebed om die linkerarm en die voorkop gedra. Op dié manier is die gebod in Eksodus 13:9 en Deuteronomium 6:8 nagekom.

In watter tydperk is gebedsbande gebruik?

Volgens literêre bronne is gebedsbande deur sekere groepe Jode gebruik in die tydperk van die tweede tempel in Jerusalem. Gebedsbande is in die grotte by Khirbet Qumran gevind. Dit is hoogs waarskynlik dat Jesus gebedsbande sou gebruik het.

Waaroor gaan die bespreking in Matteus 23:5?

“Alles wat hulle doen, doen hulle net om deur mense gesien te word. Hulle maak die gebedsband om hulle voorkop breed, en die tossels aan hulle klere groot.”

Jesus praat hier met die skrifgeleerdes en die Fariseërs. Hy praat nie oor die gebruik van gebedsbande in die algemeen nie, maar oor ʼn spesifieke gebruik daarvan.
In Matteus se tyd het ʼn nuwe groep Joodse leiers na vore getree: die rabbi’s. Matteus se kritiek is op die gebedsbande van hierdie nuwe leiers gemik. Jesus het waarskynlik ʼn ander soort gebedsband gebruik, meer soos dié van Qumran, met kleiner houers.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS