Bible Society of South Africa

Hoëpriester: Take

Die hoëpriester was in beheer van die priesters en het ʼn aantal spesifieke take gehad. In die Ou Testament het hy hoofsaaklik godsdienstige mag gehad. In die Nuwe Testament het daardie mag ook polities geword.

Die belangrikste take

Die hoëpriester het ʼn aantal belangrike take gehad:

Politieke mag

Ná die Babiloniese ballingskap (587-539 v.C.) het die hoëpriester ook politieke mag verkry. Die Perse wat op daardie stadium aan bewind was, het die hoëpriester ook as ʼn politieke heerser beskou. Selfs ná die Persiese Ryk is die hoëpriester beskou as die oppergesag. Sedertdien was die hoëpriester egter nie meer vanselfsprekend ʼn Leviet nie.

Verskeie Joodse groepe was dus voortdurend in ʼn stryd gewikkel oor die amp. In 152 v.C. het die Makkabeërs die amp oorgeneem.

In die tyd van die Nuwe Testament was die hoëpriester ook die leier van die Sanhedrin.

Hoëpriester in Romeinse tye

Herodes die Grote (40-4 v.C.) het die gebruik dat die hoëpriesterlike amp oorgeërf word, heeltemal afgeskaf. Die Romeine het hulleself die reg toegeëin om self hoëpriesters aan te stel en te ontslaan. Na die verwoesting van die tempel deur die Romeine in 70 v.C. het die funksie van hoëpriester alle funksies en betekenis verloor.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS