Bible Society of South Africa

Hoëpriester

Die hoëpriester was die hoof van die priesters. Die amp van hoëpriester was oorgeërf, net soos dié van ʼn gewone priester.


Die eerste hoëpriester was Aäron, wat deur Moses gesalf is.

Streng reëls vir hoëpriesters

In die Ou Testament het dieselfde reëls vir hoëpriesters gegeld as vir gewone priesters. Maar in ʼn aantal gevalle was die reëls strenger:

  • ʼn Hoëpriester is nie toegelaat om sy hare te laat loshang of om sy klere te skeur as teken van rou nie.
  • ʼn Hoëpriester is nie toegelaat om naby ʼn lyk te kom nie, nie eers die lyk van sy pa of ma nie (Levitikus 21:10-12).
  • ʼn Hoëpriester mag slegs met ʼn vrou trou wat nog ʼn maagd was en uit ʼn priesterlike familie (Levitikus 21:13-15) kom.

Hoëpriesters in die tyd van die Nuwe Testament

In die Ou Testament word nie baie hoëpriesters vermeld nie. In die Nuwe Testament word twee mans terselfdertyd hoëpriesters genoem: Kajafas en Annas (Lukas 3:1). Eersgenoemde was die eintlike hoëpriester, en Annas was sy voorganger.


In die Ou Testament wil dit voorkom asof iemand lewenslank hoëpriester geword het (Numeri 35:25). Dit is dalk waarom Annas steeds, selfs nadat hy deur die Romeinse prefek, Valerius Gratus, uit die amp verwyder is, nog steeds as hoëpriester aangespreek word.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS