Bible Society of South Africa

Brandoffer

Die brandoffer was die algemeenste offer. Die term “brandoffer” dui daarop dat die hele dier verbrand is en in rook opgegaan het. Dit was ʼn offer aan God met ʼn aangename geur. Die voorskrifte vir hierdie soort offerande word aangetref in Levitikus 1.

Wanneer is hierdie soort offerande gebring?

ʼn Brandoffer was ʼn vrywillige offerande. Dit kon bedoel wees as versoening vir sondes, maar brandoffers is dikwels sonder enige spesifieke rede gebring.


Aanvanklik kon enigeen ʼn brandoffer op enige plek bring. Maar ná die volk Isael die land Kanaän verower het, is brandoffers beperk tot die tent van ontmoeting en later tot die tempel. 

Watter soort diere is geoffer?

ʼn Brandoffer kon bestaan het uit ʼn bul, ʼn skaap of ʼn bok. Dit moes ʼn manlike dier wees, sonder enige gebrek. ʼn Voël kon ook dien as ʼn brandoffer. 


Die persoon wat die offerande bring, moes die dier na die heiligdom toe bring en dit daar slag. Die priester moes die bloed teen die kante van die altaar sprinkel. Dan is die kop van die dier, die vleis en die vet van die niere verbrand. Die priester was dan die pote en die binnegoed, wat ook verbrand is.



 

Verwante Bybelgedeeltes

LEVITIKUS 1

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS