Bible Society of South Africa

Draak

Die Ou Testament bevat verskillende tekste oor ʼn stryd tussen God en ʼn draak tydens die skepping. Daar is ook draakagtige wesens in die Nuwe Testament.

ʼn Mitologiese beeld

Tekste soos Job 3:8, Psalm 74:14 en Jesaja 27:1 verwys na God se oorwinning oor ʼn monsteragtige wese wat tydens die skepping plaasvind. Hierdie draak is die simbool van die anti-goddelike magte in die mitologie, soos chaos, die onbedwingbare see van kwaad (die monster wat in die see leef). Hy word met verskillende name aangedui, soos Leviatan, Rahab, Behemoot en Jaam (wat “see” beteken).

Historiese betekenis van die beeld

In sommige Bybeltekste is die draak nie meer ʼn mitologiese beeld nie, maar het dit ʼn historiese betekenis verkry. Daar verwys die draak na aardse magte wat vyande van God is. Die monster Rahab in Jesaja 30:7 en Psalm 87:4, 1933/1953-vertaling} verwys, byvoorbeeld, na die magtige Egiptiese Ryk.

Die draak in eskatologiese tekste

Eskatologiese tekste dui daarop dat die stryd tussen God en die draak aan die einde van die tyd, voor die aanbreek van die nuwe skepping, herhaal gaan word. Die idee kan, byvoorbeeld, in Jesaja 27:1 en Daniël 7 gevind word. Die boek Openbaring bevat ook verskeie draakagtige wesens (sien bv Openbaring 12 – 13). Hulle is die simbool van die kwaad wat deur God oorwin sal word. In Openbaring 20:2 word die draak aan die slang in die paradys gelykgestel en word as Satan geïdentifiseer.

Die draak in die mitologie van ander volke

In die Ugaritiese mitologie is daar ʼn parallelle verhaal waarin die god Baäl die draak Jaam, wat die see simboliseer, verslaan. Ander volke het ook sulke mites gehad.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.17.10
VOLG ONS