Bible Society of South Africa

Engel

In ons huidige gebruik van die woord is ʼn “engel” ʼn hemelse wese, wat God dien en sy wil uitvoer. In die Bybel kan ʼn ontwikkeling gesien word in die beeld wat mense van engele gehad het, daarin dat daar toenemend ʼn aantal persoonlikheidseienskappe aan hulle toegeskryf word.

Diensknegte van God

Die voorstelling van engele in die Bybel spruit uit die aanname dat die hemel soos ʼn koninklike hof georganiseer is. God word gesien as die koning. Hy is omring deur hemelse wesens wat Hom as raadgewers, onderdane, soldate en boodskappers dien. Hierdie diensknegte van God is die engele.

Waar kom die woord “engel” vandaan?

Die woord “engel” is afgelei van die Griekse woord

angelos

, wat op sy beurt ʼn vertaling is van die Hebreeuse woord

malak

. Hierdie woord beteken ook “boodskapper”, wat ʼn belangrike taak van engele in die Ou Testament is (sien Engel OT).


Ná die Babiloniese ballingskap vind ʼn verskuiwing plaas in die rol wat engele vervul (sien Engel NT).

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS