Bible Society of South Africa

Demone in die Ou Nabye Ooste

In die Ou Nabye Ooste was die geloof in demone ʼn belangrike faset van die wêreldbeeld. Geeste en demone het mense se daaglikse lewe beïnvloed.

Ondergeskik aan die gode

Geeste het tot die wêreld van die goddelike behoort, maar hulle was ondergeskik aan die gode. Die gode het verseker dat daar ʼn sekere rangorde in die wêreld was. Hulle sou ingryp deur mense te beloon of te straf, en dit was die geeste wat hierdie beloning of straf namens hulle sou voltrek. Geeste kon vir iemand geluk (seën) of ongeluk (vloek) bring, afhangende van die gode se besluit. Dit was dus nie net beskermgeeste wat seëninge en geluk bring wat ʼn plek in die goddelike rangorde gehad het nie, maar ook pynigende geeste wat ongeluk, siekte en dood bring.

Bose geeste

Buite die goddelike orde het chaos hoogty gevier. Dit was die gebied van die demone, die bose geeste. Hulle kon die wêreld van orde binneval en mense aanval. Soms was die gevolg siekte, soos ʼn hoofpyn, depressie, epilepsie, gestremdheid en kranksinnigheid.
Om die bose geeste af te weer, moes hulle identiteit eers vasgestel word. Teenmagte moes ook ingeroep word: gode of goeie geeste wat die bose geeste kon verjaag. Indien die bose geeste deur die toorn van ʼn god opgeroep is, moes daardie god gekalmeer word. Dit kon gedoen word deur towerspreuke en rituele.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS