Gode en geeste
In die Ou Nabye Ooste het elke land, stad en familiegroep hulle eie gode gehad. ʼn Onderskeid word gemaak tussen hoër gode, mindere gode en geeste.
Panteon
Die gode het aan ʼn groter gemeenskap behoort, net soos mense deel is van ʼn familie. Aan die hoof van die kollektiewe gode (ook ʼn “panteon” genoem) was die koning van die gode. Die belangrikste gode was sy seuns. Hulle het ʼn vergadering gevorm wat al die besluite geneem het. Die gode wat deel was van hierdie vergadering en wat aan die hoof was, het verskil ten opsigte van tyd en plek.
Mindere gode en geeste
Benewens die belangrike gode was daar baie gode wat minder belangrik was. Hierdie mindere gode was gewoonlik helpers of boodskappers van die belangrike gode. Hierbenewens was daar geeste soos demone
Die verskil tussen mense en gode
Die gode word gewoonlik beskryf aan die hand van menslike kenmerke — hulle het oë, ore, hande en ʼn mond, en ook gevoelens soos geluk, jaloesie en woede. Die verskil is dat die gode heelwat groter, wyser en kragtiger as mense was. Anders as mense was die gode ook onsterflik.
Die god as koning
Die panteon van ʼn land of stad is uitgebeeld as ʼn koninklike hof met die koning
Vreemde gode in die Bybel
In die Ou Testament word die bestaan van ander gode nie ontken nie (sien bv Rigters11:24). Die idee dat daar slegs een God is, spruit uit ʼn latere datum. Maar Israel is verbied om ander gode te dien. Die God van Israel verdra nie ander gode naas Hom nie (sien bv Eksodus 20:1-6). Gode buiten die God van Israel is uiteraard vreemde gode. Die Bybel praat dikwels baie algemeen van “die gode” of “vreemde gode”. Soms word hulle by die naam genoem.
Lees verder?
Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy: