Bible Society of South Africa

Apodiktiese wette

In apodikties-geformuleerde wetsbepalings word sekere dinge eenvoudig verbied. ʼn Direkte verbod kan op drie maniere in die Ou Testament verwoord word:

  1. 1.“Jy mag nie x doen nie.”
  2. 2.“Enigeen wat x doen, sal sekerlik dood gemaak word.”
  3. 3.“Vervloek is elkeen wat x doen.”

ʼn Direkte gebod kan ook op drie maniere verwoord word. ʼn Goeie voorbeeld is die gebod om jou vader en jou moeder te eer:

  1. 1.“Eer jou vader en jou moeder” (Eksodus 20:12; Deuteronomium 5:16).
  2. 2.“Wie aan sy pa of ma slaan, moet doodgemaak word” (Eksodus 21:15).
  3. 3.“Daar rus ʼn vloek op elkeen wat sy pa of ma minag” (Deuteronomium 27:16).

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS