Bible Society of South Africa

Ark: Rol

In die Bybel speel die verbondsark ʼn belangrike godsdienstige rol.

Teenwoordigheid van God

Die ark is ʼn heilige simbool van God se teenwoordigheid. Die ark word gesien as die “voetbank” (1 Kronieke 28:2, 1933/1953-vertaling) of die “rusplek vir die voete” van God (1 Kronieke 28:2, 1983-vertaling) wat oor die gerubs “troon” (1 Samuel 4:4). Die ark is op dieselfde tyd as die tabernakel gemaak. Dit is in die Allerheiligste van die tabernakel geplaas. Uiteindelik is die ark ʼn plek in die tempel in Jerusalem gegee. Toe Salomo die tempel gebou het, het die priesters die ark in die agterste deel, die Allerheiligste, geplaas. Die beskrywing kan in 1 Konings 8:6-9 gevind word.

Reiniging

Op die Groot Versoendag moet die priester, volgens Levitikus 16:11-15, die bloed van die offerdier op die versoendeksel, die deksel van die ark, sprinkel (sien reinigingsoffers). Deur hierdie bloed doen hy versoening vir sy eie sondes, vir dié van sy familie en van die volk.

Stryd teen vyande

Die verbondsark speel ook ʼn rol in die verhale oor die inname van Kanaän en die stryd teen die Filistyne:

  • by die oorsteek van die Jordaanrivier (Josua 3 – 4) en die verwoesting van Jerigo (Josua 6); 
  • by ʼn oorlog teen die Filistyne (1 Samuel 4:3-8) — die ark is saamgebring na die veldslag as ʼn sigbare teken dat God die Israeliete sou beskerm en help.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS