Bible Society of South Africa

Heiligheid in die Ou Testament

HeiligdomVoorwerpeIn die Ou Testament is heiligheid ʼn besondere status wat verseker dat iemand versoenbaar is met God en God se wese. Hierdie status hou dikwels verband met die liturgie (die aanbidding van God deur die gepaste rituele), maar kan ook op die morele sfeer toegepas word. God self is heilig en die bron van alle heiligheid. Maar mense, voorwerpe, plekke of tye kan ook heilig wees. Hulle word, by wyse van spreke, “opsy gesit” vir God.

Terminologie

Die belangrikste woord vir “heilig” of “heiligheid” in die Hebreeuse Bybel is qadosj. Hierdie woord en die woorde wat daarmee verband hou, kom meer as 850 keer in die Ou Testament voor.

Heiligheid en liturgie

In die Ou Testament word heiligheid die meeste genoem in verband met heilige seremonies, en kom dit daarom meestal voor in die boeke van die wet (Eksodus, Levitikus, Numeri en Deuteronomium), veral in die gedeeltes wat handel oor priesterskap. Heiligheid is nou verwant aan reinheid — nog ʼn belangrike voorvereiste vir aanbidding — en kan deur onreinheid bedreig word.

Wie of wat kan heilig wees?

Heiligheid in die Ou Testament is ʼn kenmerk van:

Gradasies van heiligheid

In die bybelse wetboeke word mense of dinge soms gekategoriseer volgens hulle graad van heiligheid. Die tabel hieronder gee ʼn oorsig:


 

  Mense Voorwerpe Heiligdom Tye
Allerheiligste Hoëpriester Allerheiligste offers
Allerheiligste tempelvoorwerpe
Spesiale olie en wierook vir liturgiese gebruik
“Die Allerheiligste” (die agterste deel van die tabernakel en die tempel) Sabbat
Jom Kippur
Heilig Priesters Minder heilige offers
Priesterlike klere
Gewyde voorwerpe 
Heilige water
“Die Heilige” (die voorste deel van die tabernakel en die tempel) Ander heilige dae
Nie heilig Gewone mense Ander voorwerpe   Gewone dae
hand-swipe-horizontalSwiep om al die data te sien

















 

Heiliging en ontheiliging of ontwyding

Die toestand van heilig of ontheilig (nie heilig) was aan verandering onderworpe. Iets wat onheilig was, kon by geleentheid heilig gemaak word (wyding), terwyl dit wat heilig was, ontheilig of ontwy kon word (sien heiliging en ontheiliging).

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS