Bible Society of South Africa

Heiligheid in die Ou Testament: Heilige dae

Sekere dae of tye word in die Ou Testament as heilig beskou. Op daardie dae mag daar gewoonlik nie gewerk word nie en spesiale rituele moet uitgevoer word:

  • sabbat;
  • feesdae;
  • ​die sabbatsjaar en die hersteljaar.

Sabbat

Die sabbat word op verskillende plekke in die Ou Testament heilig genoem, onder meer in Eksodus 16:23 en Eksodus 31:14-15. Dit is nie toelaatbaar om enige werk op daardie dag te doen nie.

Feesdae

Daar word na ʼn aantal feeste in die Hebreeuse Bybel verwys as miqra qodesh — “heilige byeenkoms”:

  • die eerste en sewende dag van die fees van die ongesuurde brood (Eksodus 12:16; Levitikus 23:7-8; Numeri 28:18; Numeri 28:25);
  • die fees van die weke, voor die oesfees (Levitikus 23:21; Numeri 28:26);
  • die nuwejaarsfees (Levitikus 23:23-24; Numeri 29:1);
  • die groot versoendag (Levitikus 23:27; Numeri 29:7);
  • die eerste en agtste dag van die huttefees (Levitikus 23:34-36; Numeri 29:12).

Die Israeliete moes hierdie dae heilig deur sekere rituele in die heiligdom uit te voer en nie te werk nie (Nehemia 8:9-11).

Die sabbatsjaar en die hersteljaar

Die hersteljaar moes heilig gehou word deur nie te saai of te oes nie (Levitikus 25:10-12). Dieselfde beperking het gegeld vir die sabbatsjaar, alhoewel dit nie heilig in die Ou Testament genoem word nie.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.17.10
VOLG ONS