Bible Society of South Africa

Heiligheid in die Ou Testament: Heilige voorwerpe

In die Ou Testament het sommige voorwerpe ʼn heilige status op grond van hulle rol in aanbidding of godsdienstige rituele:

  • offers;
  • tempelvoorwerpe;
  • priesterklere;
  • gewyde voorwerpe;
  • olie en wierook vir aanbidding;
  • heilige water.

Offers

Offerandes word in die Ou Testament op grond van hulle heiligheid in twee groepe verdeel:

Tempelvoorwerpe

Verskeie tempelvoorwerpe word ook “allerheilig” of “heiligste” genoem. Dit is, byvoorbeeld, die tabernakel self (die struktuur waaruit dit gemaak is, soos die pilare, die balke en die gordyn voor die opening). En tweedens, deel van die oprigting daarvan, naamlik die ark van die verbond (verbondskis), die wierookofferaltaar, die tafel met die toonbrode, die kandelaar (menorah), die brandofferaltaar en die waskom (sien Eksodus 30:26-29). Die ark is die heiligste van hierdie ses. Dit is die plek waar God Homself openbaar (Numeri 7:89).

Priesterklere

Al die priesterklere is as heilig beskou, maar die klere van die hoëpriester was die heiligste (sien byvoorbeeld Eksodus 28:2-4; Esegiël 42:14).

Gewyde voorwerpe

Mense kon huise, grond, geld en kosbare items aan die heiligdom “wy” (skenk) wat dit heilig gemaak het. Dit het die eiendom van die heiligdom en die priesters geword (sien byvoorbeeld Levitikus 27:2-8; Levitikus 27:14-25).

Olie en wierook vir aanbidding

Die spesiale olie wat vir aanbidding gebruik is, byvoorbeeld by die graanoffer of vir die salwing van priesters en tempelvoorwerpe, is as heilig beskou (sien byvoorbeeld Eksodus 30:22-33). Wierook wat spesiaal vir die offerdiens gemaak is, was ook heilig (Eksodus 30:34-38).

Heilige water

“Heilige water” kom op verskillende plekke in die Bybel voor. Daarom moet ʼn vrou wat verdink word van owerspel volgens die voorskrif in Numeri 5:17 heilige water drink. In Esegiël se visioen word die water van die rivier wat uit die tempel stroom ook heilig genoem (Esegiël 47:12).

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.8
VOLG ONS