Heiligheid in die Ou Testament: Heiligheid van God
In die Ou Testament word God beskou as die Allerheiligste Wese wat bestaan. Hy is verhewe bo alles en is die bron van alle heiligheid. Mense is verplig om God se heiligheid te eer deur te lewe soos God van hulle verwag.
God se verhewenheid
God se heiligheid beteken dat Hy verhewe is bo alles wat bestaan. Hy is die “Heilige van Israel” (Jesaja 1:4; Jeremia 50:29) — die enigste Een wat deur Israel aanbid mag word (Jesaja 8:13-14). God vertoon sy heiligheid deur groot dinge te doen (Numeri 20:13; Esegiël 20:41) en deur die kwaad te straf (Esegiël 28:22).
Ontsag vir God se heiligheid
Mense moet God se Naam “heilig” (Jesaja 29:23, 1933/1953-vertaling), met ander woorde — soos ʼn algemene frase wat in die Ou Testament voorkom dit stel — hulle moet “sy heilige Naam nie ontheilig nie” (Levitikus 22:2; Esegiël 20:39, 1933/1953-vertaling). Dit beteken dat hulle ontsag moet hê vir God se heiligheid, en sy eer en glorie (sy “reputasie”) in stand moet hou. Daar is verskillende maniere waarop mense God se Naam kan heilig:
- deur Hom te gehoorsaam en sy gebooie
(Levitikus 22:31-32) te hou; - deur ontsag vir Hom te hê (Jesaja 29:23);
- deur Hom te loof (“om sy heilige Naam te prys”) (Psalm 30:5; Psalm 97:12).
Sonde
God as bron van heiligheid
God is die bron van alle heiligheid en Hy kan mense en ander dele van die skepping met heiligheid deurdring; hulle word deur Hom geheilig, of anders gestel: afgesonder. Dit geld byvoorbeeld vir die sabbat
Heiligheid van ander hemelse wesens
Die hemelse wesens wat aan God onderdanig is, word soms ook “heilig” genoem. In Daniël 8:13 (1933/1953-vertaling), byvoorbeeld, word engele
Lees verder?
Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy: