Bible Society of South Africa

Gebed

Gebed is ʼn spesiale manier om met God te praat. In gebed kan mens God aanbid, Hom dank of Hom vra vir ʼn guns, maar ook kla oor dinge of jou sondes bely.

Die term “gebed”

In Hebreeus en Grieks is daar nie een woord wat alles wat die Afrikaanse woord “gebed” omvat, kan insluit nie. Die woorde wat in die Bybel gebruik word, verwys na verskillende aspekte van dit wat ons “gebed” noem, byvoorbeeld:

  • dankie sê;
  • uitroep; 
  • voorbidding;
  • seën;
  • aanbidding.

Spontane gebed

In die Ou Testament is gebed dikwels spontaan, geuiter by ʼn spesiale geleentheid. Byvoorbeeld, Hanna bid vir ʼn seun by die tempel in Silo. Sy bid in stilte; net haar lippe beweeg. Uit Eli se reaksie is dit duidelik dat dit ongewoon was. Ná Samuel se geboorte, hef Hanna ʼn dankgebed aan en die woorde wat sy by daardie geleentheid gebruik, klink soos ʼn formule, soortgelyk aan die Psalms.

Liturgiese gebede

Dit is eers in latere Bybelboeke, wat uit die tydperk ná die Babiloniese ballingskap dateer, waar ons gebede vind wat ʼn vaste vorm het en vir sekere geleenthede voorgeskryf is. Daniël, byvoorbeeld, bid drie maal op ʼn dag met sy gesig na Jerusalem, ʼn manier van bid wat verband hou met die daaglikse offer-rituele in die tempel. Hierdie ontwikkeling kan ook gevind word in die gebede in die toevoegings tot Daniël en die Griekse boek van Ester.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.17.10
VOLG ONS